Rapporteer Besoedeling

U kan op besoedeling op twee maniere rapporteer, naamlik elektronies of per SMS.

Elektronies

Kliek hier om besonderhede elektronies in te dien.

SMS

Stuur volledige besonderhede van die besoedeling, insluitende provinsie, dorp of stad, tipe besoedeling en besonderhede van besoedeling, per SMS aan:

079 030 3294

Normale SMS-tariewe is van toepassing.

Reëls van die NWF se Gespreksforum

Hierdie is ‘n ope forum vir bespreking slegs van sake wat water in Suid-Afrika raak.  Dit beteken dat geen gesprekke rakende ander sake, soos veral partypolitiek of godsdienstige kwessies, hier van pas is nie.

Bydraes moet beskaafd wees, en geen beledigende of lasterlike taal sal geduld word nie, en persoonlike aanvalle is eweneens onvanpas.

Skrywers is self regtens aanspreeklik vir die standpunte wat hulle verteenwoordig, en is nie noodwendig die mening van die NWF nie, tensy uitdruklik so vermeld deur NWF-bestuurslede.

Die moderator behou die reg om enige bydraes wat nie aan bostaande kriteria voldoen nie, summier en sonder waarskuwing te verwyder.  Deelnemers wat hulleself herhaaldelik skuldig maak aan verontagsaming van die riglyne soos hierbo genoem, se toegang sal ook gestop word.